Skrywer Riana Scheepers is ‘n groot diereliefhebber. Sy vertel vir Lizma van Zyl van die vierbeniges wat haar lewe daagliks verryk, en hoe dit haar skryfwerk beïnvloed. Riana lewer ook ‘n kragtige boodskap oor die noodsaaklikheid daarvan dat diere met respek behandel moet word en dat daar verantwoordelikheid geneem word vir hulle lewens.