In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizette Volkwyn oor kwesbaarheid. Lizette is ‘n lewensafrigter wat in 2023 besluit het om haar kwesbaarheid aan te spreek deur iets aan te pak wat sy altyd gedink het sy kan nie doen nie en dis om voor mense te sing. Sy vertel vir ons van die pad wat sy gestap het om haar eie kwesbaarheid te oorkom.