Die Ierse digter en skrywer, Oscar Wilde, het gesê: “Ons almal lê in die sloot, maar net sommiges sien die sterre raak,” om hiermee te waarsku teen pessimisme. En as iemand vra: “Hoe gaan dit?” is die antwooord dikwels: “Nie te vrotterig nie, dankie.” Hoe goed of sleg is pessimisme vir jou, en hoe hanteer ‘n mens dit?