“As jakkals passie preek, moet die boer sy ganse oppas.” Dit beteken dat jy versigtig moet wees vir ‘n skelm se vroom praatjies. Waarom wil sommiges ander verneuk, uitbuit en sommer net deur skelmstreke benadeel? Dink maar aan sportmanne en -vroue wat kul, en bemarkers wat ouer mense deur skelmstreke geld laat verloor.