Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat nie weet van iemand of ‘n familielid het wat reeds aan Covid gesterf het nie. So baie dood om jou – hoe hanteer jy dit?