‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar groot nood in gemeenskappe ontstaan het. Hoe kan sulke mense in hierdie tyd gehelp word?