Ryk van Niekerk praat met twee vroue entrepreneurs wat suksesvolle ondernemings in nismarkte gevestig het. Stephanie de Wet het Canvas Club op die been gebring waar kinders hulle kreatiewe kant met kuns kan uitleef. En Madeleen Terblanche het Mooi Me se velsorgreeks ontwikkel om haar man met ‘n letsel te help wat nie wou genees na ‘n operasie nie.