Loekie Swart Luiperd bly in ‘n boom in die bos. Sy beste maatjie is Berta Bruinbeer. Eendag hoor Loekie skielik ‘n geraas, en sien dis ‘n swerm bye wat op hom en Berta afvlieg. Hy probeer wegkruip agter bossies en takke, maar sal hy betyds kan wegkom?