Verpersoonlik inhoudvoorkeure

Ons gebruik koekies om jou te help om jou soektog doeltreffend te maak, en om sekere funksies te vervul.  Jy sal besonderhede oor al die koekies hier onder vind.

Die koekies was as “noodsaaklik” gekategoriseer is, word op jou webblaier geberg aangesien dit noodsaaklik is om die noodsaaklike gebruiksfunksies van die webblad te aktiveer.... 

Noodsaaklike koekies word vereis om die basiese eienskappe van die blad in werking te stel, soos ‘n veilige intekenfunksie of om jou voorkeure vir toestemming of aanvaarding aan te pas.  Hierdie koekies berg nie enige data wat jou kan identifiseer nie.

Funksionele koekies maak sekere eienskappe of gebruiksfunskies moontlik, soos om die inhoud van die webwerf op sosialemediaplatforms te deel, terugvoering te kry, en ander derdepartyeienskappe

Analitiese koekies word gebruik om te verstaan hoe gebruikers die webwef gebruik.  Hierdie koekies help om inligting te verskaf  soos die getal gebruikers wat die webwerf besoek, die persentasie besoekers wat die webwerf verlaat sonder om spesifieke inhoud te benut of op funksies te reageer, of die kanale of roetes te bepaal wat die gebruiker gevolg het tot by die webwerf. 

Prestasiekoekies word gebruik om die gewildste dele van die webwerf te ontleed en te verstaan ten einde gebruikers se ervaring van die webwerf te verbeter.

Reklamekoekies word gebruik om advertensies te plaas wat ooreenstem met verbruikersvoorkeure, en gebaseer is op vorige besoeke aan webwerwe. Dit word ook gebruik om die doeltreffendheid van reklameveldtogte te bepaal. 

Skip to content

Groot prysgeld vir skrywers van radiodrama

Kompetisie

Groot prysgeld vir skrywers van radiodrama

Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.

Die prysgeld is vanjaar R115 000. Die wendrama ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000. Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang.  ‘n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan ‘n drama met belofte wat nie die eerste vier pryse opgeraap het nie.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 1 Augustus 2022.  Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za. Raadpleeg die handleiding vir die teksformaat, reëls asook inskryfvorm. Laai die handleiding en skryfwenke hieronder af.

Luister na ‘n slypskool by https://omny.fm/shows/radioteater/radiodramaslypskool

01/ 07 / 2022
-
23 / 08 / 1970

Voriges

Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Het jy ’n Standard Bank Besigheidsrekening, en is jy geregistreer vir selfdiensbankdienste, soos aanlyn bankdienste vir besigheid, ons bankdiens-toepassing, of selfoon- of  telefoonbankdienste? Jy kan van 19 tot 23 Desember daagliks tot R5 000* wen!

Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.

Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Van 25 April tot 6 Mei gee Lottoland elke weeksdag sakke vol geld weg! Skakel in op RSG en luister na Amore Bekker van 09:00 tot 12:00. Sy sal aan die begin van alhoebekker ‘n leidraad gee. Gaan loer dan op www.lottoland.co.za 

Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Kan jy doen met ‘n KIA Picanto en R5 000? Skenk so min as R30 aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek en jy staan ‘n kans om ‘n KIA Picanto ter waarde van R216 900 te wen! As jy jou bydrae voor 31 Julie maak, kan jy boonop ook R5 000 wen. Die wenner van die R5 000 sal op Dinsdag 1 Augustus in Spitstyd aangekondig word.