Kompetisie


Voriges
Sluitingsdatum:
RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.
Sluitingsdatum:
Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.
Sluitingsdatum:
Kan jy doen met ‘n KIA Picanto en R5 000? Skenk so min as R30 aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek en jy staan ‘n kans om ‘n KIA Picanto ter waarde van R216 900 te wen! As jy jou bydrae voor 31 Julie maak, kan jy boonop ook R5 000 wen. Die wenner van die R5 000 sal op Dinsdag 1 Augustus in Spitstyd aangekondig word.