POTGOOI

Spitstyd
Augustus 8, 2024
(4:46 am)
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
15 Mei 2025
Estean Badenhorst vertel tien dinge wat jy van 'n Paralimpiese gids moet weet.
14 Mei 2025
Deel 1: Rian van Heerden is lief vir praat en vir die mikrofoon; hy help graag; hy is nie bang vir uitdagings nie (soos om ’n restaurant te koop en daarvan ’n sukses te maak); hy verbreek grense en daag mense uit; en hy is braaf. Maar bowenal is hy eerlik en reguit met sy luisteraars en kykers. In hierdie openhartige onderhoud wissel Rian sy vertellings af van snaaks tot hartseer tot eerlik tot ongemaklik. Hy is bekend vir sy skerp humor en onverskrokke geselskap, soos gesien in sy program Laataand by Rian, wat gewilde gaste, vurige debatte en eerlike gesprekke oor aktuele kwessies insluit. Hy het ’n regstudie-agtergrond, geïnspireer deur ’n vroeë belangstelling in politiek en openbare toesprake, wat sy benadering tot media en openbare diskoers beïnvloed het. Rian se boek, 16 Dinge Wat Ek Nie Moes Sê Nie, bevat 16 openhartige en soms omstrede temas of uitsprake wat hy as persoon of mediafiguur gemaak het. en wat hy beskou as dinge wat hy nie moes sê nie. Hy deel met Henco Kruger al die finansiële dinge wat hy oor sy lang loopbaan nie moes kwytraak of doen nie.
13 Mei 2025
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Karoo Donkey Sanctuary)
8 Mei 2025
Dr. Corli Lodder vertel tien dinge wat jy van asma moet weet.
7 Mei 2025
Deel 2: Henco Kruger wil met hierdie aflewering die akademiese kant van kunsentrepreneurskap belig. Dr. Paul Loeb van Zuilenburg het vir sewe jaar musiekentrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria gedoseer, en werk reeds 13 jaar as vryskutmusikant. Hy speel klassieke trompet en dirigeer sy eie orkeste. Hy het op primêre, sekondêre en tersiêre vlak onderrig in kunsentrepreneurskap gegee. en is steeds op al hierdie vlakke betrokke. Een van sy passies is om uitvoerende kunstenaars te bemagtig deur hulle in staat te stel om hulle eie finansiële ondersteuningstelsels te skep. Hy het talle internasionale en plaaslike pryse en toekennings hiervoor ontvang. Sy navorsingsvelde sluit in koperblaasuitvoering, kunste-ondernemerskap, leierskap, ekonomie en kreatiewe industrieë. Hy woon in Bloemfontein saam met sy musikale vrou, Elize, waar hy die dirigent en artistieke direkteur van die Bloemfontein Filharmoniese Orkes is. Met ‘n oupa wat sy eie bank in Duitsland besit het, en Paul wat ‘n MBA-graad verwerf het en ‘n doktor in kunsentrepreneurskap is, is hy die perfekte persoon om oor besigheid, finansies en kuns te gesels.
6 Mei 2025