Skip to content

Intussen

POTGOOI

Intussen

Augustus 8, 2024
(4:36 am)
16 Mei 2025

Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor oor baba van agt maande wat goed kruip, maar nie kan nie sit nie; ’n driejarige wat nie praat nie, maar kan wel saam sing met die televisie; ’n vierjarige wie se speeksel dikwels melkerig voorkom.

16 Mei 2025

Antoinette Pienaar praat oor hoe dit lyk wanneer Karoomense op reis gaan.

15 Mei 2025

Ons praat met kenners om meer uit te vind oor die verskillende skoolstelsels in Suid-Afrika, om ouers te help om die beste skool vir hulle kinders te kies. Eloise Cupido praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onafhanklike opvoedkundige raadgewer, kenner van multigraadonderrig en direkteur by die CMGE- Centre for Multigrade Education, oor denkfoute wat in klaskamers as die waarheid verkondig word, en kinders moontlik kan benadeel.

15 Mei 2025

Deel 3: Eloise Cupido gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Dr. Gillian Arendse is 'n eksperimentele kernfisikus en motiveerder, wat daartoe verbind is om sy gawes en talente te gebruik om die lewe van elke persoon met wie hy interaksie het, te beïnvloed. Sy passie om mense beter te laat as wat hy hulle gevind het, word aangevuur deur 'n behoefte om daagliks uitgedaag te word. Hy is tans in diens van die NRF-iThemba LABS as Bestuurder: Kommunikasie en Belanghebberbetrekkinge.

14 Mei 2025

Mari Lee is ‘n kommunikasiespesialis en stigter van ’n kommunikasiemaatskappy. Sy praat verder oor tieners en die foute wat ouers maak.

13 Mei 2025

Dr. Ruhann Steyn ‘n ruimtefisikus verbonde aan die Sentrum vir Ruimtenavorsing by die Noordwes-Universiteit, doen navorsing oor hoe die son die aarde beinvloed. Hy praat oor die vreemde eienskappe van tyd.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x