POTGOOI

Groeipyne
Augustus 8, 2024
(4:36 am)
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
15 Mei 2025
Wie onthou nog DF Malherbe se gedig oor slaap? Die wondersoete ding! Maar dis natuurlik nie altyd die geval vir baie nuwe ouers nie. Soms sukkel ‘n kleinding om te slaap, en ouers is radeloos, want as baba of kleuter nie slaap nie, dan slaap hulle nie. Slaapkonsultant Jolandi Becker het raad.
8 Mei 2025
Ons sit die gesprek voort met spraakterapeut en skrywer Christien Neser, oor hoekom dit so belangrik is om vir jou kind voor te lees.
1 Mei 2025
Spraakterapeut en skrywer, Christien Neser, vertel hoekom dit so belangrik is om vir jou kind voor te lees.
24 April 2025
Ons het die afgelope paar weke gefokus op neurodiversiteit en outisme teen die agtergrond van Outisme Bewusmakingsmaand. Hierdie week sluit ons die gesprekke rondom die onderwerp af met vroee kinderontwikkelingspesialis en opvoeder, Sophie Breytenbach self die ouma van twee kleinkinders met outisme.
17 April 2025
Die fokus is op neurodiversiteit in die klaskamer-opset. Dit teen die agtergrond van Outisme Bewusmakingsmaand. Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever deel haar insigte en gee raad.
10 April 2025