RSG Kompetisies – reëls, bepalings en voorwaardes

 

Alle RSG-kompetisies word gedoen in ooreenstemming met die bepalings van Artikel 54 (1) van die Loterywysigingswet (46 van 2001) en in ooreenstemming met die Wet op Verbruikersbeskerming van 2008.

  1. Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (sou jy wen) is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes, sowel vir jouself as die individue met wie jy die prys gaan deel, (sou die prys vir jou en ’n addisionele persoon “jou metgesel” wees).
  2. ‘n Persoon kan op verskeie maniere deelneem aan ’n RSG kompetisie. Kompetisies word op die volgende manier by RSG aangebied: telefoniese deelname/inbelkompetisie; instuur van ‘n sms(e) en/of WhatsApp stemnota(s); elektronies via die webtuiste of per e-pos in geskrewe formaat; of enige ander formaat wat aangekondig en toegepas word tydens kompetisies.
  3. Telefoniese kompetisie: luisteraars word op lug uitgenooi om deel te neem. ‘n Telefoonommer word gegee en die eerste telefoniese deelnemer kwalifiseer om deel te neem. ‘n Vraag (of meer as een vraag) word gestel en indien die deelnemer korrek antwoord, wen hy/sy die vermelde prys. Hierdie proses kan herhaal word om ’n wenner te bekom indien die vorige deelnemer nie as wenner aangewys is nie. ’n Maksimum van 3 probeerslae sal gedoen word om ’n wenner te bepaal.
  4. SMS-kompetisie: ‘n Vraag word gestel. ’n SMS nommer en die koste van die SMS nommer, word gegee waarheen deelnemers hul antwoorde stuur. Alle korrekte SMS inksrywings word in die databasis vervat, waarna die rekenaarprogram op outomatiese wyse, een gelukkige inskrywing trek. Hierdie korrekte SMS inskrywing wen die prys. Hierdie proses word herhaal, indien meer as een deelnemer as wenner kwalifiseer. Waar van toepassings, sal die standaardtarief van R1.50 gehef word vir elke SMS inskrywing. Indien wenners lukraak uit ‘n lys selfoonnommers getrek word, sal die eienaar van die SIM-kaart as die wenner beskou word, selfs as die toestel deur iemand anders gebruik word om aan die kompetisie deel te neem.
  5. Webtuiste-kompetisie: ‘ n Vraag of vorm word bekend gestel. Deelnemers vul hul antwoord in of merk hul keuse deur op een van die opsies te klik en hul inskrywing word dan gestuur. Alle korrekte webtuiste-inksrywings word in die databasis vervat, waarna die rekenaarprogram op outomatiese wyse, een gelukkige inskrywing trek.  Hierdie korrekte webtuiste-inskrywing wen die prys. Hierdie proses word herhaal, indien meer as een deelnemer as wenner kwalifiseer.
  6. Geskrewe formaat - kompetisie: die formaat van die kompetisie word per kompetisie aangedui. Die inskrywingmetode, kontakbesonderhede en prysbeskrywing word aan deelnemers gegee vir deelnamedoeleindes.
  7. Slegs korrekte inskrywings wat teen die sluitingsdatum ontvang is, sal in aanmerking kom vir die prys. Geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.
  8. Sou die wenner nie telefonies bereik kon word na afloop van die trekking nie, sal die pryse oorgedra word na ’n nuut verkose wenner of naaswenner.
  9. Die wenner se inskrywing sal lukraak in ‘n gelukkige trekking gekies word uit alle inskrywings ontvang gedurende die kompetisiedatums. Die organiseerders se besluit oor die wenner is finaal.
  10. Alle Suid-Afrikaanse burgers mag deelneem aan die kompetisie, behalwe direkteure, lede, vennote, werknemers, diensverskaffers en konsultante van die SAUK/kliënt/agentskap en/of hulle eggenote, lewensmaats, ouers, kinders, broers, susters en sake-vennote.
  11. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie: lede of werkers van die kliënt en/of kliënt se agentskap en/of RSG personeellede; enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; of die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.
  12. Behalwe waar die kompetisie ’n ander ouderdom spesifiseer, mag geen deelnemers jonger as 18 jaar aan die kompetisie deelneem nie.
  13. Indien daar geen beperking op die aantal inskrywings is nie, mag ‘n deelnemer inskryf soveel keer as wat hy/sy wil.
  14. ’n Tydperk van 3 maande (90 dae) moet verstryk voordat dit toelaatbaar is vir ’n wenner van ’n kompetisie op RSG om weer aan ’n volgende kompetisie op RSG deel te neem.
  15. Deur aan die kompetisie deel te neem stem jy daartoe in dat RSG en maatskappye of agentskappe wat met die kompetisie affilieer, vir jou elektroniese bemarkingsinligting mag stuur. Jy kan enige tyd vir RSG in kennis stel dat jy nie verdere bemarkingsinligting wil ontvang nie.
  16. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie: verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings; probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wanfunksioneer; enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en indien enige komponent in die kommunikasieproses wanfunksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.
  17. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en/of jou besitting/s asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie.
  18. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, op datum en volledig is.
  19. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy en/of jou metgesel (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing of die ontvang of en gebruik van die prys(e) nie.
  20. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat: jou deelname en/of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie; die prys(e) asook die dele daarvan jou en jou metgeselle (indien van toepassing) se standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.
  21. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.
  22. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item nie. Pryse is nie oordraagbaar vir kontant nie, tensy die prys as sodanig as kontant aangedui word.
  23. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.
  24. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede. Hierdie dokumente kan insluit, maar is nie uitsluitlik toepaslik op die spesifieke kompetisie nie, die nodige reis- (beide nasionaal en internasionaal, soos toepaslik) en verblyfdokumente, byvoorbeeld paspoort en visum, om die prys(e) te kan geniet nie.
  25. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke, sodat ons die oorhandiging aan jou, en jou gebruik van die prys(e), kan verwerk en fasiliteer.
  26. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of mediageleenthede wat verband hou met die kompetisie. Hulle stem ook in dat hul besonderhede en foto op die maatskappye se webwerwe en of sosiale media platforms mag verskyn sonder enige betaling.
  27. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang soos afgespreek.
  28. Pryse sal tussen 30-60 dae nadat die kompetisie gesluit het, aan wenners gelewer word.
  29. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie.
  30. Die maatskappye asook die derdepartyverskaffer behou die reg om sowel die kompetisie as die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaasvind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie kompetisie en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
  31. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en/of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
  32. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou en/of jou metgesel (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en/of die aanvaarding en/of gebruik van die prys(e) en/of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes.
  33. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy die maatskappye vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en/of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en/of jou metgesel (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en/of aanvaarding en/of gebruik van die prys teen die maatskappye ingedien is
  34. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat: al die bepalings en voorwaardes vir sowel jouself as jou metgesel (indien van toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe verbind te wees, daaraan sal voldoen en sal voortgaan daarmee; jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en/of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy, jou metgesel of enige derde party opdoen in verband met die aanvaarding en/of gebruik van die prys(e).
  35. Indien jy of jou metgesel (indien van toepassing) nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit: jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het); jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye ly, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliëntkoste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou en/of jou metgesel (indien van toepassing) rakende julle nienakoming; en jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en/of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou en/of jou metgeselle (indien van toepassing) se nienakoming.
  36. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van die SAUK, RSG en die betrokke kompetisie se kliënt, die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en enige partye wat borgskappe toestaan.
  37. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
  38. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie, en nie verantwoordelik wees vir enige dispuut wat mag ontstaan as gevolg van die uitslag van die kompetisie of die prys nie.
  39. RSG en die kompetisie se kliënt behou die reg voor om die veldtog enige tyd te beëindig en te kanselleer of aan te pas volgens sy goeddunke waar omstandighede buite sy beheer dit vereis.
  40. Indien daar enige aanduiding van vuilspel vermoed word betreffende inskrywings en hoe ‘n persoon hulle bekom het sal die persoon nie in die wennertrekking ingesluit word nie.