Gereelde Vrae

  • Ek wil graag 'n radiodrama vir RSG skryf.

    Stuur ‘n epos aan rsgdrama@gmail.com

  • Hoe gaan ek te werk as ek graag as omroeper of nuusleser by RSG betrokke wil wees?

    As jy nie reeds as omroeper by 'n ander radiostasie betrokke is nie, kan jy 'n demo-opname na RSG stuur. Die demo (in MP3-formaat) moet 'n gedeelte bevat waarin jy kortliks 'n program aanbied en 'n verdere deel waarin jy 'n nuusbulletin lees. Sou die demo aanvaar word, sal jy 'n kort omroeperstoets ondergaan, waar onder andere jou algemene kennis getoets sal word.

  • Daar is onderbrekings in my radio-ontvangs hoe meld ek dit aan?

    Stuur 'n e-pos na info@rsg.co.za en dit sal by Sentech aangemeld word.

  • Hoe kan ek op RSG adverteer?
    Stuur 'n e-pos na verkope@rsg.co.za
  • Hoe kontak ek vir RSG?
    Jy kan 'n e-pos stuur na info@rsg.co.za, 'n SMS na 45889 (teen R1,50 per sms) of 'n boodskap via Whatsapp vir die omroeper op lug na 076 536 6961.
  • Ek wil graag 'n rol in 'n radiodrama vertolk. Met wie kan ek kontak maak?
    Stuur ‘n epos aan rsgdrama@gmail.com